=Despatch Netbalklub se tweede span was vanjaar die wenners van die Burgemeesterstrofeë se dames-afdeling. Hier is (agter van links) Karmen Niemand, Beatrix Smith, Carmen Barnard, Ronelle Blom, Josmi Rautenbach, Ninke Barnard, Janneke Alberts en Janine van Staden. Voor is Eugina van Niekerk, Carla Claasen en Calista Booysen. Foto:VERSKAF


DESPATCH Netbalklub was vanjaar die wenners van die Nelson Mandelabaai Burgemeesterstrofeë se dames- afdeling.

Die klub se tweede span het vir die toernooi ingeskryf aangesien slegs laer liga-spanne toegelaat is.

Daar was vyf spanne wat aan die dames-afdeling deelgeneem het en Despatch was die uiteindelike wenspan.

Die ander netbal-afdelings waarin daar kragte gemeet is tydens die kompetisie was vir o.16 en o.19 spanne.

-VERLSAGGEWER

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article