Hierdie tuisversorgers het hul ses maande kursus by ACVV Aandmymering tehuis vir senior persone suksesvol voltooi. Voor van links is Angelique Meintjies, Emmerencia Norman, Mable Swarts en Eliza de Boer. Agter van links is suster Bekka du Toit, Aneta Petersen, Tasneem Fredericks, Maureen Esau, Veronique Delport, Elmoray Jansen, Nadia Steenkamp en suster Catrien Marais. Fotos:HEILIE COMBRINCK

Tuisversorgers staan verswaktes of bejaardes in hul eie wonings by. Hierdie groep het hul opleiding in tuisversorging voltooi. Voor van links is Nicole Swanepoel, Yonela Hobeni, Roseline Isaacs en Andiswa Ngxomono. Agter is suster Bekka du Toit, Janice Hermanus, Carla May, Lucine Meintjies, Monique Goeda en suster Catrien Marais. Afwesig: Michelle Zana.

Tuisversorgers wat verswaktes of bejaardes in hul eie wonings versorg is ’n groeiende behoefte in die gemeenskap.

Om in dié behoefte te voorsien, word daar 6-maande kursusse in tuisversorging aangebied op Uitenhage by ACVV Aandmymering tehuis vir ouer persone.

Susters Bekka du Toit en Catrien Marais is in beheer van die opleiding. ’n Groep van 19 tuisversorgers het verlede Vrydag hul sertifikate ontvang na die suksesvolle voltooiing van die kursus. Hulle is nou gereed om in die gemeenskap van diens te wees.

Tuisversorgers vervul ’n belangrike rol in die lewe van bejaardes wat verkies om in die veiligheid en gemak van hul eie wonings versorging te ontvang.

Hul besoeke hang af van individue se behoeftes en toestand. Die minimum tydperk is 5 ure per dag en hul verskaf ook 24 uur versorging.

Tuisversorgers help ook persone met Alzheimersiekte en demensie wat nog in hul eie woonplekke is.

Die versorgers wat hulle kursusse suksesvol voltooi het en prakties by ACVV Aandmymering gedoen het, word uitgeplaas vir tuisversorging en werk ook as saalhulpe.

  • Mense wat belangstel om in te skryf vir die kursus of meer wil uitvind oor tuisver-sorgers kan Amanda Croukamp bel by 041 992 1510.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article