DIE toenemende dwelmprobleem op Despatch wek soveel kommer dat daar môre-aand ’n openbare vergadering hieroor gehou gaan word.

Jonathan de Lange, ’n besorgde inwoner en sameroeper van die vergadering sê, “Na die wettiging van dagga vir persoonlike gebruik, is die insluiping van sterker dwelms onvermydelik. Dit is asof daar nie ’n plan van aksie bestaan om dit te stuit nie.

“Dit is die rede vir dié vergadering, om ’n oplossing te vind in samewerking met die sleutel rolspelers in ons gemeenskap.”

Die vergadering word môre (Vrydag, 2 Augustus) van 15:00 – 16:00 in die Despatch Stadsaal gehou.

Volgens De Lange is verskeie kerkleiers, skoolhoofde, die polisie, CMR, ACVV sowel as ’n plaaslike dokter genooi na die vergadering.

“Die gemeenskap moet weet dat daar hulp is vir dwelmverslaafdes en hul families wat hierdeur geraak word,” sê De Lange.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article