Hoërskool Despatch se sportverteenwoordigers is (tweede ry van links) Ishke Bezuidenhout (hokkie) en Hencoh Erasmus (hokkie). In die derde ry is Kaylee Meyer (netbal), Wian Meyer (gholf) en Damian Swartz (rugby). Vierde ry: Casey-Lynn Barnard (dans), Wian Schutte (skaak) en Kelly Oosthuizen (debat & redenaars). Vyfde ry: Marilee Lerm (tennis), Colin Jacobs (landloop), Anri Bouwer (landloop) en Waldo Willemse (tennis). Sesde ry: Ivan Nortje (vasvra).Foto:VERSKAF


DESPATCH se Drake is slaggereed om hul 70ste bestaansjaarvieringe te deel met Hoërskool DF Malherbe en sien daarna uit om hulle in die Draakden te ontvang.

Dit is alles deel van Hoërskool Despatch se sewende interskole teen DF Malherbe en word op 2 en 3 Augustus aangebied. Die volledige interskole naweekprogram is op die Drake se Facebookblad.

Saterdag se oud-skoliere rugbywedstryd sal om 13:30 op die Danie Gerber-rugbyveld gespeel word en die hoofwedstryd skop om 14:40 af tussen Hoërskool Despatch en Hoërskool DF Malherbe.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article