Selwyn Milborrow en Chantal Hardy Mafiet met haar debuut digbundel wat sy onlangs by Agape Coffee Shop op Uitenhage bekendgestel het. Foto’s:WESLEY KLUE


PLAASLIKE skrywers en digters het onlangs saamgekuier tydens Chantal Hardy Mafiet se bekendstelling van haar debuut digbundel by Agape Coffee Shop op Uitenhage.

Chantel is ’n lid van die Master Class Writers, onder leiding van Selwyn Milborrow, bekende digter, skrywer en joernalis. Hy het verskeie werke gepubliseer in Engels, Afrikaans as-ook in Nederlands.

Die skryfgogga het Chantel op ’n vroeë ouderdom gebyt en haar gedigte is ’n weerspieëling van haar lewensreis.

“Dit gaan oor die verskillende heimweë wat ’n mens ervaar sowel as hoe ’n mens weer moet opstaan as jy platgeslaan word wanner jy geliefdes aan die dood afstaan,” sê Chantal.

Haar digbundel is ’n moet vir diegene wat hou van Afrikaanse digkuns. Sy is ook besig om ’n roman te skryf en werk aan haar tweede digbundel.

Buiten skryf het dié ma van vier kinders ook ’n liefde vir kuns en abstrakte werke.

Sy sê “Enigiets is moontlik in die lewe, al wat jy nodig het is tyd en deursettingsvermoë.”

Haar sukses sê sy is te danke aan haar man wat haar die nodige dryfkrag in die lewe gee.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article