PURE opwinding is wat op besoekers aan die Fransies Adrenaliendag wag, want dié dag se program is propvol aksiebelaaide aktiwiteite.

Dit word Saterdag by Laerskool Frans Conradie se sportgronde aangebied waar die Springbokke se Wêreldbeker-rugbyfinaal teen Engeland op grootskerm geniet kan word.

Adrenalien gaan pomp met buitelugaanbiedings soos boogskiet, muurklim, bulry en die kans om navigator te speel in ’n veldtydrenmotor!

Daar sal ’n verskeidenheid stalletjies wees met eet- en drinkgoed sowel as handwerk en ander interessante items. Uitstallings van nuwe motors sal gehou word deur VW Market Square sowel as Algoa Toyota, terwyl Concept Crew van hulle blink spogkarre gaan vertoon.

Toegang tot die dag se vermaak is R10 per volwassene en R5 per kind.

Vir meer inligting bel Mark by 084 823 6196.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article