DIE Uitenhage polisie gaan in Februarie 2020 ’n inligtingsdag en ete vir bejaarde inwoners aanbied, wat meer wil weet oor hul regte as ouer persone sowel as hoe om nie ’n slagoffer van misdaad te word nie.
Alle bejaarde inwoners (70-jaar en ouer) van Uitenhage is welkom om dié funksie by te woon, maar bevestiging van bywoning moet so spoedig moontlik geskied.
’n Datum en die plek waar die funksie aangebied word sal vroeg volgende jaar be-kendgemaak word.
- Vir bevestiging van bywoning of vir meer inligting oor die inligtingsdag bel a.o. Werner Arndt by 079 514 6342


