’n SKRYFWERKSWINKEL en beoordelaarskursus vir ATKV-redenaars word eerskomende Saterdag by Hoërskool Grey in die Baai aangebied.
Die werkswinkel handel oor die voorbereiding van die voorbereide en onvoorbereide toe-spraak vir ’n redenaarskompetisie. Dit word aangebied vir graad 6 tot 12 leerders, onderwysers, ouers en afrigters.
Bywoning is R110 per leerder en R150 vir volwassenes en dié werkswinkel word van 07:30 tot 11:00 aangebied.
Beoordelaarskursus
Die beoordelaarskursus word vir hoërskoolleerders, onderwysers, ouers, afrigters en beoordelaars aangebied. Daar sal aandag gegee word aan die inhoud, reëls, voorbe-reiding en beoordeling van redenaarskompetisies.
Dié kursus word Saterdag van 11:30 tot 18:00 aangebied.
- Vir meer inligting oor die werkswinkel en kursus bel Melanie Marais die projekorganiseerder by 011 919 9015.
– VERSLAGGEWER


