’n FEES van sport kan die naweek aanskou word met Hoërskool Despatch se aanbieding van hulle jaarlikse sportfees.

Vanjaar gaan sportspanne van 33 skole teen mekaar op die rugbyvelde, netbalbane en hokkievelde meeding. Die sportfees word op die skool se eie sportvelde aangebied.

Die eerste wedstryd begin môre om 09:00 op die hokkieveld (Riebeek College vs Hoërskool Kirkwood) met die eerste netbalwedstryd om 11:35 (Despatch A vs Humansdorp A), terwyl die eerste rugbywedstryd om 10:25 afskop (Victoria Park vs Humansdorp Sekondêr).

Netbalwedstryde duur môre tot 17:00, hokkie tot 16:55 en op die rugbyveld word die dag se hoofwedstryd om 19:55 tussen Hoërskool Despatch en Andrew Rabie gespeel. Saterdag begin die netbal- en hokkiewedstryde om 08:00 met die eerste rugbykragmetings om 09:00.

Dié dag se hoofwedstryd op die rugbyveld is om 17:30 tussen Hoërskool Despatch en Hoërskool Cillié. Die 33 skole wat gaan deelneem sluit in Hoërskool Cradock, Wittedrift, Adelaide Gimnasium, Port Alfred, Framesby, Bonzai, Itembilihle, Volkskool, Winterbeg en Mzontsundu. Die publiek word uitgenooi om die sportfees te ondersteun. Daar sal verversings by die sportterreine te koop aangebied word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article