PAY it Forward hou eersdaags ’n aanlyn Inbly Gospelfees met sangers Oom Karoolus en Lente, Danie Botha, Onbeskaamd, Lizette, Leon Ferreira, Carindé en Anneli Gouws.

Die aanlynkaartjies is R55 per gesin en beskikbaar by https://www.pifcf.com en die opbrengs gaan aan die deelnemende sangers. Dit is Pay it Forward se wyse waarop hulle die sangers wil ondersteun omdat hulle in die inperkingstyd nie konserte mag hou nie.

’n Gedeelte van die kaartjieverkope sal aangewend word vir ’n kospakkie-projek om behoeftige gesinne van kos te voorsien.

Die publiek word genooi om op Vrydag, 26 Junie om 19:00 dié gospelkonsert vanuit die gerief van hul eie huise te geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article