Buksie (7) het op 18 Julie in Jeffreystraat, Uitenhage weggeraak. Alton Senekal, sy eienaar, bied ’n beloning aan om hul geliefde hondjie weer terug te kry. Foto:VERSKAF

WAAR is Buksie?

Daar is groot hartseer in die Senekal-huishouding op Uitenhage nadat hul geliefde klein miniatuur Dobermann/worshond-kruising, Buksie, skoonveld is.

“Hy het op Saterdag, 18 Julie, in Jeffreystraat, Sentraal op Uitenhage vermis geraak. Ons het al oral gesoek, maar kry Buksie nêrens nie,” sê Alton Senekal, bekende brandweerman op Uitenhage. Ons harte is baie seer want ons is baie lief vir die hondjie. Hy is baie oulik.” Buksie (7) is nie gesteriliseer nie en het ook nie ’n halsbanjie om sy nek nie.

“Hy is stout. As hy ’n halwe kans kry dan glip hy uit. Gewoonlik kom hy terug, maar hierdie keer het dit nie gebeur nie. Hy is nou al byna twee weke weg. Ons is dood van bekommernis oor waar hy is.”

Die Senekals bied ’n beloning aan vir die persoon wat kan help om Buksie weer veilig terug te kry.

  • Vir meer inligting bel Alton Senekal by 083 295 1201.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article