TIEN atlete van die Laerskool Sonop op Despatch is gekies vir die Oos-Kaapse atletiekspan wat aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe op Bloemfontein sou gaan deelneem.
Die gesogte byeenkoms kon weens die COVID-19 pandemie nie vanjaar gehou word nie.
Sonop was die laerskool in die Oos-Kaap met die meeste atlete wat gekwalifiseer het om aan die SA’s deel te gaan neem.
Die skool se atlete het ’n totaal van 15 me-daljes (7 goud, 7 silwer en 1 brons) by die Oos-Kaapse atletiekkampioenskappe op Cradock gewen.
Die skool bedank graag die afrigters Sheldon Meiring, ’n personeellid sowel as privaatafrigters Karel Gerber, Edward Brown, Joubert Botha, Kobus en Yolande Vosloo vir hul toewyding en professionele afrigting van die atlete.
Surika Botha, ’n opvoeder by die skool, se puik organisasie as spanbestuurder en atletiekhoof verdien ook spesiale vermelding. Die opoffering en ondersteuning van elke ouer het ook beslis tot die prestasies van hierdie atlete bygedra.
Hier regs is die prestasies van die atlete soos tydens die Oos-Kaapse atletiekkam- pioenskappe wat op Cradock gehou is. Dit was die kwalifiserende byeenkoms waar atlete gekies is vir die SA’s.




