DANELL Crause ’n graad 10 leerder van die Hoërskool Brandwag is Vrydag oorlede weens COVID-19.

Danell Crause. Foto:VERSKAF

Brandwag se skoolhoof, Ste-ven Zietsman het gesê Danell was ’n geliefde en voorbeeldige graad 10-leerder.

“Al haar onderwysers kan ge-tuig dit was ’n plesier om vir haar klas te gee. Tydens die einde van die jaar-toetsreeks was ’n aantal leerders afwesig omdat hulle positief getoets is óf omdat hulle moes isoleer. Danell se afwesigheid was dus aanvanklik geen rede tot paniek nie. Elke leerder se privaatheid is natuurlik hoog op prys gestel,” sê Zietsman.

“Danell se afsterwe was ’n groot skok. Sy was jonk en het ’n blink toekoms gehad.

“Sy sal altyd deel van die band van grys en groen en die Brandwagfamilie bly.

“By Brandwag het ons alle moontlike veiligheidsregulasies getrou nagekom. Sover ons kennis strek, het niemand by die skool aangesteek nie. Nietemin, die virus diskrimineer nie, vra nie vrae nie en doen nie gunsies nie.

:Juis daarom moedig ons almal aan om aan die voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls te voldoen, selfs tydens die vakansie,” sê Zietsman.

Retha Landman, een van Danell se onderwysers, het in die onderstaande boodskap hulde aan die afgestowe leerder gebring: “Om ’n onderwyseres te wees is my lewe. Dan is daar oomblikke wat my hart in stukke ruk. Danell, jy kon so lekker lag, en my laat lag. Maar vandag het jy dit reggekry om my te laat huil. Jou plekkie is leeg, maar jy sal altyd deel van die band van grys en groen wees. Rus sag!”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article