Karel Gerber Akademie atlete (van links) Tiaan Vosloo, Jordan Strauss, Anria Vosloo en Elke Erasmus is almal Oos-Kaap kampioene in hul onderskeie items waaraan hulle deelgeneem het. FotoS:TALANA VOSLOO


Karel Gerber Akademie atlete (van links) Tiaan Vosloo, Jordan Strauss, Anria Vosloo en Elke Erasmus is almal Oos-Kaap kampioene in hul onderskeie items waaraan hulle deelgeneem het. FotoS:TALANA VOSLOO

DIE Karel Gerber Atletiek-akademie se jaarlikse afsluiting en erkenning aan atlete wat deur dié buitengewone COVID-19 ontwrigte jaar presteer het, is Saterdag by Innibos buite Despatch gehou.

Alhoewel daar vanjaar geen nasionale en OP-atletiekkampioenskappe gehou is nie, was dit vir die KGA-atlete ’n jaar vol persoonlike suksesse.

Tydens die Oos-Kaapse atle-tiekkampioenskap wat in die begin van die jaar op Cradock gehou is, het KGA die volgende kampioene opgelewer: Tiaan Vosloo o.10 70 meter hekkies, Annie Vosloo o.13 75 meter hekkies, Jordie Strauss o.13 80 meter hekkies, Elke Erasmus o.15 driesprong, Reze Coetzer o.17 hamergooi, Wernich van Rensburg o.17 400 meter sowel as 400 meter hekkies en Dané Coetzer o.19 hamergooi.

Karel Gerber Akademie se Oos-Kaap atletiekkampioene (van links) Dané Coetzer, Reze Coetzer en Wernich van Rensburg.

Reze, Wernich en Dané is ook in Atletiek Suid-Afrika se top 10-lys van vertonings opgeneem. Reze en Wernich was eerste op die lys vir o.16 en Dané tweede vir o.18.

Alhoewel daar geen byeenkomste in die tweede helfde van die jaar gehou is nie, het twee atlete hul persoonlike beste tye en afstande tydens oefensessies verbeter: Wernich het sy 400 meter hekkies tyd verbeter (53.8 tot 52.6) en Reze het haar hamergooi afstand verbeter (60.02m tot 63m).

Vir dié top atlete lê daar nog ’n week van strawwe oefen voor. Hulle is uitgehonger vir volgende jaar se atletiekkampioenskappe.– HEILIE COMBRINCK

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article