Dentists@Health Despatch se span het uitgebrei met die aanstelling van twee tandartse, dr. Tania van Wyk en dr. Christiaan Herselman.

Christiaan

Dr. Christiaan Herselman.

Dr. Tania van Wyk

Dr. Herselman is ’n oud-leerder van Hoërskool Despatch en het in 2020 by die praktyk aangesluit. Hy is verantwoordelik vir ortodonsie, kosmetiese tandheelkunde, gesig-estetika en biomime-tiese tandheelkunde (behandeling van swak, gebreekte en vervalle tande op ’n wyse wat die tande sterk hou en verseël teen bakteriese indringing).

Dr. Tania van Wyk het in Januarie 2021 by die span aangesluit. Sy geniet dit om kinderpasiënte te behandel en doen ook estetiese tandheelkunde en volledige mondrehabilitasie.

Dié praktyk bied sedasie aan vir pasiënte wat gespanne of bang is wanneer hulle tande behandel word.

Meeste mediese fondse is by die praktyk ingeskakel. Pasiënte kan ook gerus wees dat alle COVID-19 regulasies streng toegepas word.

  • Dentists@Health Despatch is weeksdae oop van 08:00 tot 17:00 en ook ’n Saterdag per maand. Vir meer inligting bel die praktyk by 041 933 1100.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article