Foto ter illustrasie


Polisie op Despatch in die Oos-Kaap is dringend opsoek na die bestuurder van ‘n wit Mazda 2 wat glo ‘n voetganger op die R75 naby Despatch raakgery het.

Die ongeluk het om 17:10 op Sondag, 7 November plaasgevind.

Volgens die polisie se inligting het die bestuurder van die Mazda glo by die ongelukstoneel stilgehou en aan ‘n bestuurder van ‘n ander voertuig – wat ook by die toneel stilgehou het – vertel dat hy die voetganger met sy motor gestamp het.

“Terwyl die tweede bestuurder die polisie gebel het om die ongeluk aan te meld, het die bestuurder van die wit Mazda 2 weggery,” het kaptein Gerda Swart, polisiewoordvoerder, gesê.

Speurders is ook op soek na enige ooggetuies wat meer inligting oor die ongeluk kan verskaf.

Enige persoon wat die ongeluk sien gebeur het, of wat meer inligting aan die polisie kan weergee, word versoek om die ondersoekbeampte, speur adjudant-offisier Mario Jonk by 084 810 9078 te bel, of die Despatch-speurtak by 041 933 8000.

‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

UITGEREIK DEUR SAPD

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article