DIE Tiere-klas wat in 1972 aan die HTS Daniel Pienaar gematrikuleer het, hou vanjaar sy 50 jaar reünie en is op soek na vyf van hul klasmaats.
HTS Daniel Pienaar, die oudste tegniese skool in Suid-Afrika, se deure is amptelik op 2 April 1895 in die destydse Uitenhage, nou Kariega, geopen. Dié stigtingsdag word jaarliks oor dié tydperk gevier tesame met verskeie jaarklasse se reünies. Die klas van 1972 wil vanjaar ook só maak.
Freddie Olivier, een van die 1972-organiseerders, sê hulle was 31 in die klas en sover vasgestel kan word is 10 manne reeds oorlede.
“Ons is op soek na vyf ouens wat ons glad nie kan opspoor nie. Dalk weet iemand wat van hulle geword het of waar hulle is. Ons sal die hulp baie waardeer, veral as dit moontlik is dat ons weer met hulle kontak kan maak,” sê Olivier.
Die manne wat gesoek word is “Kort” Nel, David du Toit, David Ford, “Mol” Meyer en “Schuno”.
Andrew Rose was die hoofseun en van die ander klasmaats sluit in Jo Abbott, Vincent Tee, Johan Hurter, Chris Viljoen, Raynold Momberg, Bartie du Toit, Hugo Barkhuizen, Nick Marais en Johannes Roux.
- Vir meer inligting, of indien iemand oor inligting beskik waar van die vyf klasmaats opgespoor kan word, bel Freddie Olivier by 082 458 2513.



