Die afgelope naweek was Despatch-krieketklub se spelers se spel net so warm soos die weer gewees met goeie vertoning deur al die klub se spanne. Wedstryde was teen Hankey, Heatherbank en TAL Gelvandale krieketklubs.
Promosieliga-uitslae: Despatch vs Hankey:
Despatch verloor die loting en word eerste ingestuur om te kolf. Hulle word almal uitgeboul vir ‘n totaal van 230 lopies in 36,3 beurte. Hankey kolf tweede en word uitgeboul vir 137 lopies in slegs 31,3 beurte.
Beste kolwers: Tiaan de Beer (41 lopies van 30 balle); Janco Black (39 lopies van 55 balle); en Gerhard Visser (35 lopies van 18 balle).
Beste boulers: Valentino Fillis (25 lopies, 7 paaltjies, 8 beurte); Rudolf Smit (39 lopies, 2 paaltjies, 10 beurte); en Daniel Renison (11 lopies, 1 paaltjie, 3,3 beurte).
Tweede liga: Despatch vs Heatherbank:
Heatherbank wen die loting en kolf eerste. Hulle teken 136 lopies aan vir die verlies van 7 paaltjies in 20 beurte. Despatch teken 137 lopies aan vir die verlies van 6 paaltjies in 18,3 beurte.
Beste kolwers: Kyle Lottering (53 lopies vir 39 balle – nie uit nie); Marinus Bronkhorst (17 lopies vir 21 balle); en Handre Viljoen (16 lopies vir 22 balle).
Beste boulers: Roy Butcher (7 lopies, 2 paaltjies, 4 beurte); Anton van Tonder (12 lopies, 2 paaltjies, 2 beurte); Morne Koertzen (11 lopies, 1 paaltjie, 2 beurte).
Vierde liga: Despatch vs TAL Gelvandale:
Despatch wen die loting en stuur Gelvandale in om te kolf. Gelvandale teken 130 lopies vir die verlies van 4 paaltjies in 20 beurte aan. Despatch gaan in om te kolf en teken 131 lopies vir die verlies van 3 paaltjies in 17 beurte aan.
Beste kolwers: Juandre Niemand (53 lopies van 31balle); Anrich Vorster (34 lopies van 42 balle); en Ross Gelderbloem (23 lopies van 26 balle – nie uit nie).
Beste boulers: Trevor Derbyshire (17 lopies, 2 paaltjies, 4 beurte); Mornay Philander (19 lopies, 1 paaltjie, 4 beurte); en Leroy van Deventer (27 lopies, 1 paaltjie, 4 beurte).
Eerskomende naweek word daar weer op Saterdag en Sondag krieket gespeel by Despatch-krieketklub en toeskouers is welkom.




