Tweeling Anika en Wian Maree van Hoërskool Brandwag is beide kranige sportsterre.

Foto:KAREN PIENAAR

Vinkel en Koljander, die een is nes die ander…

In hierdie geval verskil hul darem so ‘n klein bietjie. Wiehan en Anika Maree is ‘n talentvolle tweeling wat mekaar inspireer met hulle prestasies. Dié twee is vanjaar in graad 10 aan die Hoërskool Brandwag.

Anika het onlangs OP-kleure in kragoptel verwerf. Hiervoor moes sy ‘n totaal van 222,5kg in haar gewigsafdeling kon lig. Die totale gewig is verdeel tussen borsopdruk, dooiegewig en hurksit. Anika het die vorige rekord in die dooiegewig-afdeling met ‘n gewig van 105kg laat spat.

Broer Wiehan het laat verlede jaar OP-kleure in Landloop verwerf. Wiehan, wat eers later vanjaar 16 word, ding mee in die o.18-ouderdomsgroep in atletiek, waar hy onlangs ‘n nuwe 2000m-hindernis rekord opgestel het met ASA- en SA-Skole kwalifiserende tyd.

Anika en Wiehan vaar ook baie goed op akademiese gebied. Wiehan verkies om hom op landloop en atletiek toe te spits, maar Anika verdeel haar tyd tussen atletiek, die gewigte in die gimnasium en die netbalbaan.

Hulle albei verteenwoordig die Brandwag se eerste atletiek- sowel as die eerste landloopspan. Hulle is ook albei vereer met die Brandwag se erekleure vir hulle prestasies.

Hulle skryf hul prestasies toe aan hulle “Twin Meetings”.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article