Tiaan Vosloo, ’n atleet van Laerskool Sonop het vanjaar 12 rekords verbeter. Foto:VERSKAF

Credit: SYSTEM

TIAAN Vosloo, ‘n graad 6-leerder van Laerskool Sonop op Despatch het vóór sy 12de verjaarsdag 12 rekords binne een seisoen verbeter!

Tydens die skool se kleurebyeenkoms verbeter hy vier rekords, waarvan twee van die rekords al vir meer as 30 jaar staande was. Daarna spat nog ‘n verdere agt rekords tydens byeenkomste waar die kompetisie strawwer-en-strawwer geraak het. Hy het ook twee silwer medaljes by die pas afgelope SA skole-kampioenskappe in Potchefstroom gewen.

Tiaan volg beslis in sy ma, Talana (Gerber) Vosloo, se atletiek-spore. Twee van Talana se rekords by Laerskool Sonop is ná 32 jaar stééds agter haar naam.

Tiaan se ouer suster, Anria, behou ook ‘n hekkie-rekord by Sonop en sy verteenwoodig vanjaar die Oos-Kaap by twee nasionale-byeenkomste. Tiaan is ook die neef van Wernich van Rensburg, die hoofseun van HTS Daniel Pienaar, wat twee goue medaljes by die SA Hoërskole byeenkoms verower het.

Wernich se ma, Chantelle (Gerber) van Rensburg spog ook met ‘n Laerskool Sonop rekord wat ná 35 jaar steeds nie verbeter kon word nie.

Hierdie is beslis ‘n talentvolle atletiek-familie waar die atletiekgene vryelik vloei. Talana en Chantelle is die broerskinders van Karel Gerber, ‘n alombekende afrigter en atletiekliefhebber in die Oos-Kaap.

Tiaan se pa, Riaan was self ‘n kranige atleet en Flippie Gerber het die besonderse eer om die oupa van hierdie drie top atlete te kan wees!

– LAERSKOOL SONOP

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article