Despatch-krieketklub het ‘n borge-aand gehou waartydens al hul borge bedank is vir hul ondersteuning die afgelope krieketseisoen. Hier is (van links) Deon Jansen van Rensburg (Metro Quarries), Pieter Boshoff (Despatch Superspar), Anton van Tonder (Black Ant Signs), Morné Kilian (Despatch-krieketklub president), Tony Ferreira (EME Systems), Daniel Renison (DB Parts and Spares) en Melissa Strydom (Dream Designs).

Foto: Verskaf

Despatch-krieketklub het onlangs hul prysuitdeling gehou waartydens spelers sowel as ondersteuners en borge deur Morné Kilian, president van die klub, bedank is vir hulle bydrae tot die afgelope seisoen se sukses.

Elke speler het ‘n klein aandenking gekry vir sy deelname aan die wedstryde. Die spesiale pryse is as volg toegeken: Kyle Lottering (Junior Speler van die Jaar); Brayde Cumberledge Beste Vordering T20; Janco Black (Beste Vordering 50 Boulbeurte); Anton van Tonder (Speler van die Jaar T20); Ross Gelderbloem (Speler van die Jaar 50 Boulbeurte); Corné Ferreira (Sportman van die Jaar); en die Spelerskeuse Span van die Jaar is die Promosie-span.

Dié Promosie-span pryswenners: Valentino Fillis vir die Meeste Paaltjies in ‘n 1 wedstryd (25 lopies, 7 paaltjies, 8 boulbeurte) teen Hankey. Corné Ferreira kry die prys vir die Hoogste kolftotaal in ‘n wedstryd (135 lopies van 90 balle) teen Kwadwesi. Daniel Renison is die Beste Veldwerker; Rudolf Smit is die Beste Bouler (287 lopies, 82,2 boulbeurte, 22 paaltjies); en Ross Gelderbloem die Beste Kolwer (270 lopies van 255 balle).

Tweede-liga pryswenners: Morne Kilian vir die Meeste paaltjies in ‘n wedstryd (4 lopies, 4 paaltjies, 3 boulbeurte) teen Mighty Strikers; Michael Taylor behaal die Hoogste Kolftotaal in ‘n wedstryd (127 lopies van 81 balle) teen Magala Hawks. Anton van Tonder is die Beste Veldwerker; Roy Butcher is die Beste Bouler (136 lopies, 33 boulbeurte, 15 paaltjies); en Michael Taylor is die Beste Kolwer (280 lopies van 195 balle).

Vierde-liga pryswenners: Brayde Cumberledge behaal die Meeste Paaltjies in ‘n wedstryd (2 lopies, 6 paaltjies, 1,4 boulbeurte) teen Windhill; Theo Smit behaal die Hoogste Kolftotaal in ‘n wedstryd (89 lopies van 58 balle) teen Mentors J-Bay. Morné Kilian is die Beste Veldwerker; Brayde Cumberledge is die Beste Bouler (101 lopies, 20,4 boulbeurte, 13 paaltjies); en Theo Smit die Beste Kolwer (223 lopies van 164 balle).

Ander pryse: Rudi Koertzen, bekende voormalige internasionale skeidsregter en tans die algehele opsigter by die klubgronde, vir sy harde werk. Skeidsregters wat gehelp het met vir vriendskaplike wedstryde: Janco Black, Johan Slabbert en Ernest Harrop.

Die klub het vanjaar ‘n tellinghouer vir elke span gehad,. Christo Geldenhuys, Rochelle de Beer en Estelle de Beer is bedank vir hulle hulp.

Anne Green vir haar rol om die kroeg met sukses te laat funksioneer tydens wedstryde en funksies.

Bernadette en Tilana Black, vir hul harde werk om seker te maak dat daar eet- en drinkgoed vir die spelers en besoekers was.

Borge: Despatch-krieketklub het ook ‘n borge-aand gehou waartydens hul hoofborg, Despatch Superspar, sowel as al die ander borge van die seisoen bedank is. Die klub het groot waardering vir elke borg se bydrae aangesien almal ‘n moeilike tyd weens COVID-19 deurgegaan het, en tog het dié borge besluit om steeds die klub te ondersteun.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article