Johan Brummer, bekend as Fatman, tree môre-aand om 20:00 by HTS Daniel Pienaar op ten bate van die Solidariteit Helpende Hand Uitenhage-tak se projekte.

Foto: Verskaf

Die grapjas en sanger, Fatman Johan Brummer, tree op Vrydag, 27 Mei, in Kariega op vir ‘n goeie doel.

Miempie van Wyk, die voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Uitenhage-tak, sê die Fatman-konsert en opwindende voorprogram word gereël om geld vir verskeie projekte van Helpende Hand in te samel.

“Helpende Hand verseker voorspoed in ons gemeenskap en doen dit deur volhoubare maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling.

“Die Uitenhage Studiefonds is ‘n voorbeeld hiervan en gee Afrikaanse studente wat verder wil studeer, maar nie finansieël daartoe in staat is nie, die geleentheid om dit te doen,” sê Van Wyk.

Die konsert word by HTS Daniel Pienaar gehou en die hekke maak om 18:00 oop.

Gerrit de Jager en Monique Marais gaan van 18:30 tot 20:00 in die voorprogram optree met Fatman om 20:00. Daar sal verskeie kosstalletjies sowel as ‘n kontantkroeg wees.

Kaartjies is R90 vir kinders, R130 vir volwassenes of R250 vir VIP-kaartjies. Kaartjies is by HTS Daniel Pienaar, Westway Tickets, Ons Winkel Uitenhage, Ons Winkel Despatch en Daniels Service Station beskikbaar.

– UITGEREIK: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article