Hier is die groep tuisversorgers wat hul kursus suksesvol voltooi het en nou in die gemeenskap gaan diens doen. Voor van links is Welekazi Peyi, Nadine Saterdag, en Vernorine Laminie. Agter is senior suster Elize du Toit, Nadine Fortuin, Charmedine Sampson, en suster Caroline Vivienne Fletcher. Afwesig: Venessa Whittaker.

Foto: Heilie Combrinck

Tuisversorgers wat verswaktes of bejaardes in hul eie huise versorg, is ’n groeiende behoefte in die gemeenskap.

Om in dié behoefte te voorsien word daar tuisversorgingkursusse, wat oor ses maande strek, op Kariega by ACVV Aandmymering aangebied. Suster Caroline Vivienne Fletcher hanteer die opleiding.

‘n Groep tuisversorgers het verlede week hul kursus suksesvol voltooi en hul sertifikate tydens ‘n seremonie ontvang. Hulle is nou gereed om in die gemeenskap van diens te wees.

  • Mense wat belangstel om vir die tuisversorgingkursus in te skryf kan Suster Fletcher kontak by 041 992 1510.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article