Foto ter illustrasie.

Foto: Verskaf

Die veiling van die Nasionale Hok Oos-Kaap se duiwe gaan Saterdag in ‘n heel ander formaat plaasvind en aan internasionale kopers die geleentheid bied om op Suid-Afrikaanse duiwe te bie.

“Met die hulp van Petrie Maree van Graaff-Reinet is daar besluit om groot te gaan. Die besonderhede van die duiwe beskikbaar is op Petrie se webtuiste Best Pigeon be-skikbaar vir nasionale en Internasionale kopers,” sê Hennie le Roux van die Nasionale Hok Oos-Kaap wat op Despatch gevestig is.

Die eerste 100 duiwe in die finaal vanaf Winburg gaan opgeveil word en daar heers tans groot belangstelling in die veiling.

Volgens Le Roux het lot nommer 1 se prys, ‘n duif geteel deur die vennootskap JJJ van der Linde en DJ Scholtz, Sondag op R40 600 gestaan. Nog ‘n duif van die vennootskap, lot nommer 4 staan op R10 000.

“Ons verwag dat die pryse nader aan die veiling nog verder sal styg. Die aanbiedinge op die res van die duiwe is ook baie goed. Die vennootskap het R60 000 aan prysgelde verdien,” sê Le Roux.

Die veiling word in die PE Duiwe Federasie-saal gehou. Duiwe kan vanaf 10:00 besigtig word en die veiling begin om 12:00.

Theaan le Roux is die afslaer en telefoniese aanbiedinge sal aanvaar word.

  • Vir enige verdere inligting kan Boertjie Nell by 083 709 2067 geskakel word.Die inname vir die 2023 seisoen word ook ontvang. Vir verdere inligting kan Twakkies du Toit 072 048 2577 of Boertjie Nell 083 709 2067 vir die nuwe innames gekontak word.

– UITGEREIK: NASIONALE HOK OOS-KAAP

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article