Evan van der Merwe (links) het vanjaar by die Varsity Cricket universiteite-toernooi as skeidsregter opgetree. By hom is Waldo Lategan, Kerrin Klaaste en Siphelele Gaza.

Foto: Verskaf

Die gewilde Varsity Cricket universiteite-toernooi het begin Oktober afgeslaan op die grasgroen velde van die Universiteit van Pretoria en ‘n onderwyser van Hoërskool Despatch, Evan van der Merwe, is aangewys om as skeidsregter tydens hierdie toernooi op te tree.

“Dit is een van die hoogtepunte in my skeidsregterloopbaan. Om gekies te word deur Cricket South Africa om as een van die agt skeids-regters by die toernooi op te tree is ‘n voorreg en ‘n eer. Dit neem jare se harde werk en goeie vertonings by ander toernooie om ‘n kans te staan om gekies te word,” sê Evan van der Merwe, wat by die openingswedstryd tussen Pukke en Tuks sowel asby verskeie ander wedstryde opgetree het.

Hy was ook aangewys as die tele-visie-skeidsregter vir die finaal tussen Maties en Pukke.

Hierdie optredes was ‘n belang-rike stap in die regte rigting van sy skeidsregterloopbaan om moontlik sy nasionale eksamen te skryf.

Hoërskool Despatch wens Van der Merwe alle sterkte toe met sy krieketskeidsregter-loopbaan en dat hy nog vele hoogtes sal bereik.

– UITGEREIK: HOËRSKOOL DESPATCH

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article