Hoërskool Depatch wens elke matrikulant wat hul skoolloopbaan in 2022 by die skool voltooi het geluk met hul uitslae en bedank alle ouers wat dié leerders tydens die eksamen ondersteun het.
Die skool is trots op hul 92,45% slaagsyfer.
Die vyf topleerders is: 1. Jessica Els 78.3%; 2. Diaan Moolman 75,9%; 3. Marné Vorster 75,4%; 4. Mikayla van Zyl 74,0%; en 5. Ninke Barnard 73,4%.
Die matrieks Sanet Viljoen en Marné Vorster het met vier A-vaksimbole geslaag, terwyl Ninke Barnard, Jessica Els, Diaan Moolman en Xandré Zaal met drie A-vaksimbole geslaag het en Reze Coetzer, Nadia Kock en Iliana Minnie met twee A-vaksimbole. Daar was 11 leerders wat elk met een A-vaksimbool geslaag het.
– UITGEREIK: HOëRSKOOL DESPATCH




