Foto ter illustrasie.

Foto: Argief

Die Pay it Forward Gemeenskapsfees beloof om ’n groot impak te maak in 2023 met ’n propvol program.

Die fees sal vanaf 20 tot 29 Julie plaasvind.

Die Pay it Forward-gemeenskapsinisiatief moedig inwoners aan om “goed te doen aan ander” en met dié in gedagte is Pay It Forward se uitdagings as volg:

  • 15 Julie: Animal Drive – Kos, komberse en meer word

    ingesamel vir instansies, soos die Dierebeskermingsvereniging.
  • 16 Julie: – Uitreik na ’n ouetehuis.
  • 17 Julie: – Senior Drive – Benodighede word vir die

    seniors ingesamel.
  • 18 Julie: Health Drive – In samewerking met Klinicare

    en die Bloedbank.
  • 21 Julie: Sivvie Challenge – 15 skole neem deel aan

    die uitdaging en die fondse word teruggeploeg in die gemeenskap.

Die feesprogram sluit in:

  • 20 Julie: Manne-aand met Stéf Pieterse by Huis van

    Heerlikheid, Chasestraat.
  • 21 Julie: Gospelaand

    met Chris Else by die Ernest Swanepoel-saal in Despatch.
  • 23 Julie: Gospelaand

    met Onbeskaamd by Huis van Heerlikheid, Chasestraat.
  • 26 Julie: Gospelaand

    met Onbeskaamd by VEK, Kabegapark, Gqeberha
  • 29 Julie: Victorious

    Women’s Event by die Ernest Swanepoel-saal in Despatch met kunstenaars Hykie

    Berg, Beneschke Janse van Rensburg, Elanie Jansen van Veuren en Carinde van

    Schalkwyk.

Vanaf Maandag, 24 Julie, tot Vrydag, 28 Julie, sal Willie en die Wenspan optree by plaaslike laerskole, terwyl Onbeskaamd by plaaslike laer- en hoërskole sal optree.

Dié twee spane sal in Despatch, Kariega en Kirkwood optree. Vyftien skole sal besoek word met die 2023 tema van ‘anti-bullying’.

Die optredes by die skole sal regstreeks op Facebook uitgesaai word.

Nomineer iemand vir ’n ‘makeover’

Die hare, grimering, naels en die uitrusting – die hele katoetie is wat die Pay It Forward Makeover behels.

Om iemand hiervoor te nomineer, stuur ’n video of ’n foto op WhatsApp na 064 537 4228 en beskryf die persoon en hoekom hulle die hele katoetie moet wen.

Die eindresultaat sal by die Victorious Women’s Event op 29 Julie vir die eerste keer te sien wees. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Junie.

  • Kaartjies na die verskeie items op die program kan verkry word by Westway Tickets. Vir meer inligting oor die fees, besoek die Pay it Forward Community Festival Facebook-blad, www.pifcf.co.za of kontak 064 537 4228.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article