Mieke van Tonder, Kayleigh Coufmann, Avani van der Berg, Kayla van Tonder, Kay-Lee Wium en Ellané Kok is slaggereed vir die pretdag Vrydag by die Hoërskool Despatch.

Foto: Mariette Els Credit: SYSTEM

Vrydag, 30 Junie beloof om ’n dag vol pret, plesier, samesyn te wees waar die vlamme hoog gaan brand by die Hoërskool Despatch se klubhuis.

Die HSD Oos-Kaap netbalouers in samewerking met Despatch Alumni bied ’n prettige neon pretdraf aan.

Almal word aangemoedig om prettig aan te trek vir die neon pretdraf van 3km. Die hekke open om 15:00 en die wegspring is om 17:30. Die inskrywingsgeld vir die pretdraf is slegs R20. Daar is spesiale kombo’s beskikbaar wat die inskrywing, ’n worsrol en twee neonbande insluit teen R50.

Daar sal ’n beperkte aantal neonbande te koop wees by die hek, so bring genoeg kontant saam. Daar sal ook wegneemetes soos varknekrolle teen R30 en heerlike worsrolle teen R20 beskikbaar wees tussen 17:00 tot 19:00 by HSD se klubhuis. Smullekker warm pannekoek teen R5 elk is ook op die spyskaart. Die kontak persone vir bestellings is: Elsie 072 055 9708, Martie 084 811 4890 en Mandie 083 455 8161.

’n Snoepie en kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.Kaartjies is te koop by die Hoërskool Despatch, OK Express by Top Up Despatch en Absa Despatch.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article