Die landskap vanaf die Pürschlingberg buite Oberammergau in Duitsland. Foto: iStock


Die gemeenskap van Despatch kan ’n nuwe unieke belewenis te wagte wees op 26 November.

Die Hoërskool Despatch, in samewerking met plaaslike gemeentes, laerskole en inwoners van Despatch, beoog ’n eie Oberammergau-ervaring in die kleine. “Die Krag van God in ‘n krip” bied ’n visuele ervaring van die Bybelse gebeure van ongeveer 2000 jaar gelede in Jerusalem, Nasaret en Betlehem.

Saam met koorsang kan die geboorte van Jesus herdenk en beleef word.

Hou die UD Express gedurende November dop vir verdere inligting.

Gemeenskapslede wat by ’n dorpskoor, die Despatch Kerskoor, wil inskakel, kan op Dinsdagaande om 18:30 by die skoolsaal van die Hoërskool Despatch aanmeld. Die organiseerders nooi die Despatch-gemeenskap hartlik uit om te kom deel in die voorbereiding vir die herdenking van die grootse gebeurtenis, Jesus Christus se geboorte op aarde.

Die skildery deur Patricia Hoekstra is van ’n Romeinse soldaat in die tyd van die Nuwe Testament, ’n deel van wat uitgebeeld gaan word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article