Die jong akteurs van die Laerskool Innes is slaggereed om die gehoor te vermaak op 21 September.

Foto: Verskaf

Die Laerskool Innes hou hierdie jaar weer konsert en dit beloof om een vir die boeke te wees.

Sang, drama, koor en dans sal deel uitmaak van hierdie spogproduksie genaamd Innes op die Planke Stage 23 onder leiding van die skoolhoof, Luana Bester.

Dit sal die gehoor beslis laat skaterlag van die begin tot die einde. Die publiek word uitgenooi om hierdie geleentheid op 21 September om 18:30 te kom geniet. Daar is slegs ’n beperkte aantal sitplekke beskikbaar. Die koste van die kaartjies beloop R65 en is by die skoolkantoor beskikbaar.

Vir meer inligting skakel die skool by 041 992 3821.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article