Die Hoërskool Kirkwood is besonder trots op die o.16 A-netbalspan wat hul netbalseisoen onoorwonne afgesluit het.
Die o.16’s het by tye meegeding met skole wat vier keer hul grootte was.
Die meisies het nie dat dit hul enigsins laat afskrik het nie, en het met volgehoue hoë spelpeil, stamina en goeie sportmanskap verseker dat die eindtelling altyd in hul guns was.
Die skool bedank elke rolspeler wat dit moontlik gemaak het vir die meisies om hul talente ten toon te stel.





