Die Hoërskool Despatch se 1ste netbalspan afrigter, Theresa Prince, internasionale netbalskeidsregter, het Sondag teruggekeer vanaf Singapoer waar sy by die MiREX- Nasiebeker as skeidsregter opgetree het én boonop die finaal van die toernooi geskeidsreg het.
Die Hoërskool Despatch voel bevoorreg om ’n afrigter in hul midde te hê wat internasionale toetsblootstelling kry. Sodoende word verseker dat HSD se netbal altyd aan die nuutste wêreldstandaarde blootgestel word. Hierdie kennis word teruggeploeg in die skool se netbalspelers en dit is ’n bewys van die skool se netbalsukses.




