Daar is altyd ’n behoefte aan tuisversorgers in die gemeenskap.
By ACVV Aandmymering word daar elke ses maande tuisversorgings kursus aangebied, wat help dat verswaktes en ouer persone in hul eie huise versorg kan word.
’n Groep tuisversorgers het hulle kursus aan die einde van Maart 2024 suksesvol voltooi en hul sertifikate ontvang. Hulle kan nou in die gemeenskap van diens wees. Die kursus word aangebied deur Sr. Sylvia Rosseaw.
Diegene wat belangstel om die kursus te doen kan haar kontak by 041 992 1510 vir vedere inligting.





