Die gemeenskap word genooi om skouer aan die wiel te sit vir ’n skoonmaak-projek by Willowdam.
Dameskring Despatch, onder leiding van Wentzel Greyling, het op 18 Mei gaan voëls kyk en 53 spesies in en om Willowdam geïdentifiseer. Tydens dié gleentheid was hulle geskok oor die besoedeling wat die voëls daar bedreig en het besluit om ’n skoonmaak poging van stapel te stuur.
Hulle benodig hande om die werk ligter te maak op Saterdag, 13 Julie vanaf 09:00 tot 12:00 by Channerstraat 15 in Kariega.
Bring ’n paar plastiek handskoene, swartsakke en ’n hark/skepnet. En sit sommer ’n sonhoed, verkyker vir voëlkyk en ’n fles koffie of tee en beskuit vir ná die tyd ook op die lysie.
Hulle mikpunt is om 50 sakke rommel te verwyder.
Vir meer inligting oor die Dameskring Despatch, besoek die webwerf by www.dameskring.co.za.





