Die admin- en spanbestuurders wat hul kennis gaan verbreed het, is (van links) Vivian le Grange, Anelies Botha, Juanita Grobler, Emile Scholtz en Mariette Els. foto: VERSKAF


STOEIBEAMPTES van Despatch en Algoapark is terug in die Oos-Kaap ná ’n reeks kursusse in die Wes-Kaap.

Danie Els van Despatch sê die kursusse is bygewoon om hul kennis te verskerp en ook om op hoogte te bly van die nuwe reëls en tegnologie in die sport.

“Dit was ’n groot sukses en ons het baie geleer. Dit gaan ook OP-stoei vorentoe baie help om die gaping tussen ons en die groot provinsies kleiner te maak. Elke jaar is daar nuwe reëls wat toegepas moet word – nie net by die beamptes/skeidsregters nie, maar ook met die loting en groepindeling van stoeiers tydens ’n toernooi en die klassifikasie van stoeiers. OP kan trots wees op die groep wat die kursus bygewoon het en met sukses terug gekom het om hulle ervaring oor te dra aan die bestuur en stoeiers.

“Nou moet ons skouer aan die wiel sit vir die nuwe fase in ons sport,” sê Els.

Beamptes wat die kursusse bygewoon het was Danie Els (Despatch), Pieter Janse van Vuuren (Algoapark), Jacques Landman (Algoapark), Johan Landman (Algoapark) en Ruan Pretorius (Despatch).

Die adminpersone was Anelies Botha (Algoapark) en Mariette Els (Despatch), terwyl Juanita Grobler (Algoapark), Vivian le Grange (Algoapark) en Emile Scholtz (Despatch) hul kennis as spanbestuurders gaan verbreed het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article