Kobie Mellet slaag met ’n poging in die dooiegewigoptel. Foto: VERSKAF


VYF Brandwag-deelnemers – en vyf goue medaljes!

Dís die spogprestasie wat dié hoërskool by die Oos-Kaapse kragoptelkampioenskap by die Kaap Recife Skool in Somerstrand in die Baai vermag het.

Lianie Bakkes, Stephene Loubser, Kobie Mellet en Abigaill Doyle het almal in die sub-junior afdeling vir meisies meegeding en gewys hulle is ’n groot aanwins vir die sport in die OP.

In die sub-junior afdeling vir seuns het Alan de Beer met die louere weggestap.

Bakkes het in die 57kg-afdeling ’n totaal van 167,5kg behaal ná haar hurksit van 50kg, borsopdruk van 37,5kg en fooiegewigoptel van 80kg.

In die 69kg-afdeling het Loubser met 110kg, 62,5kg en 140kg geslaag vir ’n total van 312,5kg.

Mellet het in die 76kg-afdeling meegeding met totale van 80kg, 42,5kg en 105kg vir ’n total van 227,5kg.

Doyle het met ’n hurksit van 95kg, borsopdruk van 62,5kg en dooiegewigoptel van 120kg geslaag. Haar total was 277,5kg.

De Beer het in die 66kg-afdeling geslaag met 105kg, 90kg en 150kg vir ’n total van 345kg.

Die dag het egter aan die Pearson-deelnemer Morgan Holmes behoort wat vier nuwe Oos-Kaapse rekords verbeter het. Hy het in die sub-junior afdeling deelgeneem en in die 83kg-gewigsafdeling ’n merkwaardige total van 575kg baasgeraak. Dit was danksy ’n hurksit van 215kg, 130kg in die borsopdruk en 230kg in die dooiegewigoptel.

’n Ander ster op die dag was die 12-jarige Danté de Beer van die Quest Skool in Suideinde, wat dubbele geskiedenis gemaak het.

Hy was nie net die eerste deelnemer met outisme wat aan die provinsiale kampioenskap deelgeneem het nie, maar het ook sy jeug-afdeling in die 83kg-kategorie gewen met ’n totaal van 200kg.

De Beer is ook in die span ingesluit wat die Oos-Kaap vanaf 28 Maart by die SA Classic in Potchefstroom sal verteenwoordig.

“Dit was ’n massiewe deurbraak vir Danté. Ons is almal baie trots op hom,” sê die Oos-Kaapse president, André Ludik.

Die Oos-Kaapse span is:

SUB-JUNIOR: Lianie Bakkes (57kg-afdeling), Stephene Loubser (69), Kobie Mellet (76), Abigaill Doyle (84+).

JUNIOR: Lu-Tay Louis (63).

MEESTER 2: Elisabeth Barry (52).

  • Dante de Beer (83), Alan de Beer (66), Seth Webster (74), Kyle Joosten (74), Donovan Tennant (74), Morgan Holmes (83), Caleb Oosthuizen (93), Willem Bruwer (105)

JUNIOR: Samuel Meshilinie (59), Joshua Jantjies (66), Ehli Reverly (74), Vincent Davies (83), Daniel Diedericks (83), Seth Niemand (93), Zaid Niemand (105), Timothy Pawson (120+).

OPE: Dean Mcleary (105).

MEESTER 3: Clive Geldenhuys (93), André Ludik (120).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article