Drs. Kevin Higgs en Clifford Bartman het in Januarie by die Drs. Skein en Van der Berg Praktyk se span aangesluit.


DIE welbekende 30-jaar lange vennootskap van dr. H.J. Skein en dr. A.R. van der Berg op Kariega het in Januarie twee nuwe dokters op die perseel verwelkom.

Drs. Kevin Higgs en Clifford Bartman, albei algemene praktisyne met mediese en chirurgiese opleiding, het onlangs na hul tuisdorp teruggekeer.

Hulle was saam in die skoolbanke by die Hoërskool Brandwag, het saam in Pretoria hulle mediese studies aangepak en sien uit daarna om saam die pasiënte van Kariega te help.

Drs. Skein en Van der Berg het hulle met trots verwelkom na die praktyk en hoop om hulle nog baie lank daar te hê.

Die twee nuwe dokters, en hulle welbekende kollegas, se spreekkamers is by Johnstraat 46 geleë.

Hulle is beskikbaar Maandae tot Vrydae van 08:00 tot die laaste pasiënt gesien is.

Kontak hulle vandag by 041 992 1611 om ’n afspraak te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article