Die room van Despatch, Kariega en Algoapark se amateur-stoeiers pak mekaar Saterdag, 8 Maart in ’n interklub-toernooi wat groot belangstelling wek. Dís wanneer die Stad-span (Algoapark) en die Plattelandspan (Despatch en Kariega) mekaar by die Hoërskool Otto du Plessis in die Baai pak. Met die provinsie se heel beste stoeiers in aksie kan opwindende gevegte van ’n hoë gehalte verwag word. Al die klubs is daarop uit om 2025 ’n groot jaar te maak en die toernooi bied dus ook vir die OP-keurders die geleentheid om die beskikbare talent in aksie te sien. Die onlangse “kabouter-dag” op Despatch vir stoeiertjies onder 10 jaar was ’n reusesukses. Daar het klein Keano Meiring (in rooi) van Algoapark en JC Eberson van Despatch tonne pret gehad. – HANNES SCHOEMAN Foto: Verskaf


Beste stoeiers pak mekaar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article