Eienaars van 4×4 sowel as 4×2 voertuie word uitgenooi om aan die The Meadows 4×4/Daniel Pienaar Motorsport Opedag in die Elandsriviervallei deel te neem. Foto:NEIL WHITEHEAD


Die gewilde The Meadows 4×4 Familiedag en Daniel Pienaar Motorsportdag word op 21 Maart in die Elands-riviervallei, sowat 30km van Rocklands af, gehou.

Vanjaar word nie net avontuursoekers met 4×4-voertuie genooi om die uitdagende roete aan te pak nie, maar ook 4×2 avontuurlustiges.

Volgens Donovan Whitehead, wat saam met sy vrou Sunelle dié 4×4 uitdaging en familiedag organiseer, word voertuie in groepe ingedeel om dit makliker te maak om die roete sonder enige onnodige oponthoud te voltooi.

Nuwe 4×4 roetes is uitgelê en gaan deur fynbosveld, verby asemrowende kranse en rotsagtige berg-oorhange en ook deur natuurlike bosse waar ou geelhoutbome gesien kan word.

Daar sal stalletjies wees met verskillende kosse, ‘n biertent, vars plaasprodukte, handwerk en vermaak vir die kleinspan. The Meadows het ook twegastehuise en ‘n kampterrein vir gaste wat wil oorbly.

Registrasie vir deelname is om 07:00 die oggend van die ope dag en aksie begin om 09:00

  • Vir meer inligting bel Sunelle 082 458 9580 of Martin 082 451 7486.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article