‘n Brand het Dinsdagmiddag binne oomblikke ‘n woonstelgebou in Bellville verswelg.

Die brand het omstreeks 13:00 in ‘n woonstel in Jaylent Court in Gousblomstraat ontstaan terwyl kinders tuis was.

Na wat verneem word, is niemand beseer nie.

Annelize van Zyl, plaaslike raadslid, sê die brand het vinnig versprei toe ‘n bank aan die brand geslaan het.

Twee brandweerwaens en personeellede van die Stad Kaapstad se nooddienste was op die toneel.

TygerBurger sal amptelike kommentaar van die Stad Kaapstad bywerk sodra dit ontvang word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article