Dit is al jare, indien nie dekades nie, dat ’n klomp huise in veral die omgewing van John X Merrimanstraat in Oakdale leegstaan met net wagte wat dit oppas.

Inwoners noem dat dit “council”-huise is.

As dit is, moet daar tog ’n rede wees waarom hulle leegstaan?

Dit maak nie sin dat die wonings net uitgawes het en nie gebruik word om inkomste te genereer nie.

In ’n tyd waar daar altyd ’n tekort aan geld is by diensverskaffers, kan hierdie huise verkoop word sodat dit kapitaal skep en daarvandaan deurlopend inkomste inbring uit belasting en diensfooie. Die verkoop kan seker maklik R20 miljoen genereer en dit kan gebruik word om raadsgeboue, wat deur die publiek besoek word, op te knap en uit te brei sodat dit meer doeltreffend gebruik kan word.

Dit is tog ’n wen-wen-situasie.


WaarnemerBellville

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article