Is jy ‘n gereelde kampeerder, ‘n vierwiel-entoesias, lief vir die buitelewe, of droom jy daarvan om die land in ‘n kampeerwa plat te toer?
Dan moet jy nie die komende kykNET Buite-Ekspo misloop nie.
Die kykNET Buite-ekspo Wes-Kaap word weer vanjaar die naweek van 13 tot 15 Maart op die plaas Môreson net buite Malmesbury aangebied.

Dit is die 31ste ekspo en dié suksesvolle konsep lok telkens sowat 20 000 besoekers.
Die ekspo in ‘n veilige plaasatmosfeer is vanjaar nóg groter met 30 addisionele uitstalgebiede wat geskep is.
Die hooffokus val op talle buitelewe-uitstallers wat van die jongste produkte tans beskikbaar in die buitelewe-, kampeer- en 4×4-mark uitstal soos wat die koper dit in die praktyk sou gebruik.
Iets vir almal
Daar is weer iets vir almal — onder meer Maniac 4×4-ritte (ry gratis saam met ervare bestuurders) en André de Villiers se kykNET-hindernisbaan, waar jy gratis kan ervaar waartoe van die voertuie werklik in staat is.
Kom bekyk die Swartland uit die lug saam met Mosselbaai Helikopters.
Vir die vroue is daar ‘n kunsmark met ‘n groot verskeidenheid produkte van goeie gehalte en vir die kinders ‘n opblaas-pretpark van Henties Vrugtesappe.
Liewe Heksie kom verras die kleinspan die Sondagoggend.
Daar is ook die Jimmy’s Sauces-kunstenaarsverhoog met Wicus van der Merwe, Veldblom, Andriëtte, Brandon Miles, Blackie Swart, David Fourie, Byron Minnie, Die Broers, Johan Liebenberg, Christo en Cobus en Jay.
Jimmy’s is ook betrokke by die nuwe “Pot Vol Liefde”-item, waar potjiekos saam met bekende kykNET-persoonlikhede gemaak word. Die maaltye word by hulpbehoewende instansies afgelewer as ‘n Sondagmaal.
Kampering en glamping-pakkette is beskikbaar deur aanlyn te bespreek.
Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting.
Wen! Wen! Wen!
Vyf lesers kan elk dubbelkaartjies wen vir die kykNET Buite-Ekspo.
Buite-Ekspo
Vyf lesers kan elk dubbelkaartjies wen vir die kykNET Buite-Ekspo van 13 tot 15 Maart op Môreson buite Malmesbury.





You must be logged in to post a comment.