WEN KAARTJIES: Gewilde buitelugskou terug in Wes-Kaap, 23 tot 25 Oktober

SA 4x4 & Outdoor Show
Die South African 4×4 & Outdoor Show in die Wes-Kaap vind van 23 tot 25 Oktober by Sandringham naby Stellenbosch plaas.

WEN KAARTJIES: Gewilde buitelugskou terug in Wes-Kaap, 23 tot 25 Oktober

SA 4x4 & Outdoor Show
Die South African 4×4 & Outdoor Show in die Wes-Kaap vind van 23 tot 25 Oktober by Sandringham naby Stellenbosch plaas.

Die gewilde South African 4×4 & Outdoor Show in die Wes-Kaap word vanjaar die derde keer aangebied, maar hierdie keer by ‘n splinternuwe terrein – Sandringham by Stellenbosch.

Dit vind die naweek van 23 tot 25 Oktober plaas.

Hierdie konsep word al geruime tyd suksesvol in Gauteng aangebied en die afgelope twee jaar se aanbieding in die Wes-Kaap was ‘n groot sukses. Die hoof-fokus is 4×4, buitelewe en kampering en daar sal verskeie aktiwiteite wees.

  • SA 4x4 & Outdoor Show

Uitstallings sluit 4×4-, kampeer- en braaitoerusting asook verskeie voertuie en verwante produkte, woonwaens en kampeersleepwaens, in. Daar sal ‘n speelpark vir die kinders wees om ouers die geleentheid te bied om alles te besigtig.

Van hindernisbaan tot helikopters

Kom ontmoet André de Villiers, die aanbieder van 4×4 met Andre op kykNET, en kry die geleentheid om saam met hom op ‘n splinternuwe doelgeboude hindernisbaan te ry en ook meer van sy TV-reeks te hoor en te sien.

Hierdie jaar laat die nuwe terrein dit ook toe om ‘n 4×4 “Extreme Challenge” saam met die Cape Offroad 4×4 Challenge Club aan te bied – iets om nie mis te loop nie. Kom kyk ook hoe lyk die terrein en die pragtige Bolandse berge uit die lug saam met Mosselbaai Helikopters.

Oudergewoonte sal daar talle gekeurde kosverskaffers wees, ‘n kunsmark en deli-gedeelte, die Simonsvlei-wyntuin en ‘n kroeg en biertuin. Jimmy’s Sauces borg ‘n verskeidenheid kunstenaars wat deur die dag sal optree.

Tye en kaartjies

Die skou open Vrydag om 12:00 en Saterdag en Sondag om 09:00. Koste vir dagbesoekers wissel tussen R60 en R120 met naweekpakette wat ook beskikbaar is. Toegang vir kinders drie jaar en jonger is gratis.

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Open Tickets of by die hekke.

Rig navrae oor uitstallings en aktiwiteite aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of by 072 487 0000. Besoek www.ekspo.co.za vir nog inligting.

LEES OOK: Come explore as artists open their doors in Fish Hoek, Clovelly

WEN! WEN! WEN!

Vyftien lesers kan elk ‘n stel van vier kaartjies na die ekspo by Sandringham wen. Daar is geen perk op die getal inskrywings per deelnemer nie. Hierdie kompetisie sluit op Vrydag 16 Oktober om 16:00. Kaartjies sal elektronies aan die wenners gestuur word.

South African 4×4 & Outdoor Show, Wes-Kaap

Vyftien (15) lesers kan elk ‘n stel van vier (4) kaartjies wen vir die South African 4×4 & Outdoor Show, Wes-Kaap wat van 23-25 Oktober by Sandringham plaasvind. Daar is geen perk op die getal inskrywings per deelnemer nie.

Name(Required)
Email(Required)
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article