Darrol Jaftha van We Trade Properties lei die jonges met sy danspassies.
Die Vrolike Vinkies-kleuterskool wat in 1975 begin is as ‘n inisiatief van Renier van Rooyen, die stigter van Pep Stores, is vanjaar al 50 jaar deel van die Sarepta-gemeenskap.
Verlede Donderdag (26 Junie) is ‘n vol program vir die kleingoed aangebied.
Hulle het geleer van higiëne, “stranger danger” en wat om te doen as daar ‘n brand is. Tussendeur is heerlik gedans om die energie en verveling in toom te hou.
Nadia Solomons, hoof, sê die kinders se veiligheid bly altyd hul top-prioriteit.
“Ons is ‘n nie-winsgewende organisasie wat die gemeenskap bedien en ondersteun, maar die gemeenskap ondersteun ook vir ons,” sê Solomons.
Dyllon Jaftha van We Trade Property wat tot die oggend bygedra het, sê vanjaar word gefokus op samewerking teen kindersmishandeling. “As volwassenes moet ons gesamentlik verantwoordelikheid neem.”
Fotogallery:
Bonita Jaftha, afgetrede beroepsgesondheidsverpleegster, het die kleingoed alles geleer oor persoonlike higiëne.
Bonita Jaftha, afgetrede beroepsgesondheidsverpleegster, het mooi verduidelik hoe om deeglik hande te was.
Gladness Kubwalula, Amzonele Noduda en Jacky Matshoge luister aandagtig.
Sers. Estelle April van Kuilsrivier-polisie groet die gehoor wat geleer is dat hulle nie sommer enigeen moet vertrou nie.
Sers. Estelle April en Caden Lincoln wys met handgebare wat die polisie se noodnommer is.
Brandweerman John van Wyk groet die kinders.
Divan Feyt (brandweerman van Kuilsrivier-brandweer) demonstreer wat gedoen moet word in geval van ‘n brand.
John van Wyk (brandweerman) en van links: Naylah van Rensburg, Ava Rhode, Malikai Levendal en Tristan Munnik.
John van Wyk en Tristan Munnik
Caden Lincoln
Tristan Munnik
Darrol Jaftha van We Trade Properties lei die jonges met sy danspassies.
Sers Estelle April
Juffrou Naa’ila Samuels dans voor.
Amzonele Noduda, Jacky Matshoge
Nigel Sefoor
Darrol Jaftha
Mphilo Mcotshana en Israel le Fleur.
Cruz van Schalkwyk en Zaiden Luiters met hul pakkies wat aan die einde van die verrigtinge aan elke kind oorhandig is.