Ek wil graag deur hierdie kanaal hoor of daar nog ander VPA-ede van die Weermag is wat die nuwe mediese reëlings problematies vind.
Toe my oorlede eggenoot afgetree het, het hy ’n enkelbedrag betaal vir ons mediese fonds.
Sedert 1 April 2023 het alles verander en ek weet nie waarom nie. Daar is nog mense wat ek ken wat hierdie goed glad nie verstaan nie. Almal het ook nie toegang tot die internet nie en kan dus nie die virtuele inligtingsessies bywoon nie. En wat as daar op daardie tyd beurtkrag is en my Wi-Fi werk nie?
Gaan jy vir ’n herhaalvoorskrif, skryf die dokter net en daar is geen mediese ondersoek nie. Ek weet nie eens meer of al die pille nodig is nie.
Iemand wat meer weet van dit, kan my gerus kontak by 083 730 7165 of krugerh01@gmail.com




