Dit is matriekafskeidseisoen is in volle swang en verlede week het ‘n groep volwasse leerders vir die eerste keer ervaar hoe dit is om vir so ‘n geleentheid op te tof.
Unity Adult Community Learning Centre in Eersterivier het vir die eerste keer ‘n matriekafskeidgeleentheid vir sy leerders gehou en die aand was vol swier en styl.
Jay-Lee Joubert, stigter van die sentrum, sê sy het in trane uitgebars toe sy sien hoe pragtig haar leerders lyk. “Nie een van hulle het ooit die geleentheid gehad om hul skoolloopbaan met ‘n swierige geleentheid af te sluit nie. Ek het ook in 2018 my matriek as volwassene voltooi en hierdie was ook die eerste keer dat ek ‘n afskeidsgeleentheid bygewoon het. Ons harte is vol en dit is ‘n geleentheid wat ons nie sommer sal vergeet solank ons lewe nie. Dit was baie emosioneel, maar ons het ook baie pret gehad,” sê sy.

Joubert sê die leerders, wat tussen 21 en 50 jaar oud is, het weens verskeie redes nie hul skoolloopbaan as jongmense voltooi nie. “Sommige moes die skool verlaat om na jonger sibbe te kyk toe hul ouers gesterf het. Ander weer het as tieners swanger geraak en kon nie verder skoolgaan nie. Ek loop oor van trots omdat hulle besluit het om weer te probeer en uiteindelik hul matrieksertifikate gaan ontvang. Dit is nie maklik vir ‘n volwassene met ander verantwoordelikhede om weer die boeke op te neem nie. Dit verg deursettingsvermoë en hierdie groep het gewys dat hulle sakke vol daarvan het. Die meeste het met universiteitstoelating geslaag,” sê sy.
Joubert nooi ander volwassenes wat dit oorweeg om hul matriek te voltooi om by hulle aan te sluit. “Dit is nooit te laat nie. Ons sal jou met ope arms verwelkom,” sê sy.
Vir meer inligting kontak Joubert by
LEES OOK: Sportjoernalis Avril Fillies van Eersterivier veg die pad oop vir vroue






You must be logged in to post a comment.