Die Tygerberg-sirkel van die Vrouelandbouvereniging van Kaapland (VLVK) het hul 54ste sirkelkonferensie op Donderdag 10 Maart in die NG kerk Bellville-vallei se saal gehou. Die Durbanville-tak was die gasvroue vir die geleentheid.
Die sprekers het ingesluit dr. Jeanette de Klerk-Luttig, bekende opvoedkundige; Fifi Meyer (Eskom) wat insig gegee het oor die land se kragnetwerk; en Helene Gerber, wat oor dagga se moontlike voordele gesels het.
René Nel, sirkelpresident, het gesê dis belangrik dat vroue in hulself moet belê en mekaar ook kan bemagtig.
Die pandemie het uitdagings gebring, maar talle VLV-vroue het planne gemaak deur WhatsApp-groepe te begin en virtuele vergaderings te hou, het Nel gesê.
Trofeë en sertifikate is op die ko
nferensie oorhandig aan die wenners in die verskeie afdelings en kategorieë – van blommerangskikkings, kunste, naaldwerk tot gebak en kookkuns – waarvoor die vroue hul handewerk kon inskryf.





