Vermeende dwelmhandelaar in Brackenfell vas ná hond sy dwelms uitsnuffel

Kokaïne wat gister in besit van ’n vermeende dwelmhandelaar in Brackenfell gevind is.


’n Vermeende dwelmhandelaar, die tweede binne drie weke, is gister in Brackenfell deur lede van die metropolisie se honde-eenheid vasgetrek. 

“Beamptes van die eenheid was besig met misdaadvoorkoming-patrollies toe hulle om 10:30 ’n voertuig weens ’n foutiewe remlig afgetrek het,” sê die metropolisie-woordvoerder Ruth Solomons.

“Die bestuurder van die voertuig het baie senuweeagtig voorgekom en die polisie het met toestemming sy voertuig deursoek.”

Die metropolisiehond Troy het 14 pakkies kokaïen, gesny en ongesny, en 30 stukke crack kokaïen onder die bestuurder se sitplek gevind.

Die 47-jarige man is in hegtenis geneem en word by die Brackenfell-polisiekantoor aangehou tot en met sy hofverskyning volgende week.  

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article