Marius van der Westhuizen tydens sy verhoor.

argief Credit: DieBurger

Die veroordeelde kindermoordenaar Marius van der Westhuizen se parool is ter syde gestel.

Dié besluit van die korrektiewetoesig-en-paroolhersieningsraad is Donderdag bekend gemaak.

Van der Westhuizen, ‘n voormalige polisieman, is in 2011 altesaam 24 jaar gevangenisstraf opgelê vir die moord op sy drie kinders Bianca (16), Marius-Eben (5) en Antoinette (21 maande) in Brackenfell in 2006.

Hy sou op 31 Julie vanjaar op parool vrygelaat word, maar die paroolbesluit is deur die minister van korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald, na die hersieningsraad verwys.

Die Vryheidsfront Plus (VF+) het dié besluit verwelkom.

“Suid-Afrikaners gaan gebuk onder hoë vlakke van geweldsmisdaad, onvoldoende strafmaatreëls en oorhaastige besluite om parool toe te staan. Dit sou ’n ongeregtigheid gewees het om ’n oortreder vry te laat nadat hy net 13 jaar uitgedien het vir die koelbloedige moord op sy drie kinders,” het Heloïse Denner van die VP+ Vrydag in ’n verklaring gesê.

“In gevalle soos hierdie is daar meer om te oorweeg as net die regte van die paroolaansoeker. Die belange van die gemeenskap en die slagoffers – soos die kinders se ma, Charlotte, wat die aansoek teengestaan ??het omdat sy vir haar lewe vrees – moet net soveel in ag geneem word. In Van der Westhuizen se geval is die slagoffer-impakverklaring deur Charlotte nie eens in ag geneem nie.”

Die VF Plus het ook ’n beroep op die minister gedoen om te verseker dat die paroolstelsel opgeknap word om almal wat by die proses betrokke is regverdig te behandel.

Die VF Plus vra ook dat strafmaatreëls hersien word, veral vir gewelddadige en seksuele misdrywe aangesien dit dikwels onvoldoende is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article