Khuthala Joyi neem Daniel Duikers se bloeddruk. FOTO’S: Carina Roux


In die aanloop tot Jeugdag het die gemeenskapskapsgesond-heidsdiens Graceful Care Unlimited verlede Woensdag (14 Junie) ’n uitreik met gesondheidsdienste in die Kalkfontein-gemeenskapsaal aangebied.

Zikisa Wotini, een van Graceful Care se versorgers, deel middagetes uit.

Inwoners tussen 18 en 35 jaar is genooi om die verrigtinge by te woon.

Natalie Douman, bestuurder van Hope House Kuilsrivier, het oor selfdood onder jongmense gesels en onder meer uitgelig watter tekens om voor uit te kyk.

Debbie Myburgh, ’n verpleegsuster, maak gereed om Lilitha Mpambani in te spuit.FOTO: Carina Roux

Rezelle van der Merwe (versorger) en Arlene Classen (administratiewe beampte) van Graceful Care het gehelp om middagete op te skep.

Debbie Myburg, ’n verpleegsuster, het oor swangerskap en voorbehoeding gesels.

Verskeie dienste, soos MIV-toetse en bloeddruklesings, is verskaf.

Amptenare van die Stad Kaapstad was beskikbaar om te help met die registrasie vir werkprogramme.

Daar is ook versorgingsgeskenkpakkies, wat deur die Stad Kaapstad verskaf is, uitgedeel.

Andrea Titus, bestuurder van Graceful Care, en haar span het ook middagete uitgedeel.

Die etes is deur Tinkies Feeding in Sarepta verskaf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article